[vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_column_text]
Indien pragtige veteraanmotors jou aandag trek, dan weet jy waarskynlik reeds wie Corbèr en Nadia Viljoen is.
Ek is ʼn motorfanatikus en bewonderaar van veteraanmotors, maar het nie van Wat Swaai Jy geweet tot ons ʼn lokaal gesoek het om insetsels vir Perdekrag te verfilm nie.
Dit lyk amper soos ʼn kelderparkering waar hulle in al hul glorie pronk – ʼn W123 230 TE-Mercedes-Benz mét die koffer op die dak, ʼn ongerepte Porsche 924 en ʼn tipe II Microbus. Dit is maar net drie van die om en by 60 ikoniese rygoed van die afgelope 80 jaar wat jou asem wegslaan. Ek sal dae lank hier kan tyd deurbring. Mens ruik die petrol en die olie, mens hoor die poleermasjiene sing, en die skielike gesluk en terugvuur van ʼn ongesonde V8 trek my aandag. Aan die ver kant van die werkswinkel op ʼn hyser hang ʼn Mustang … met ʼn werktuigkundige se bene wat by die enjinkap uithang.
Dis min dat mens ʼn lekker suksesverhaal teëkom … nog minder in die motorbedryf. Corbèr se pa het in die destydse standerd vyf vir hom ʼn Volla gekoop. Hy het aanvanklik net met die Volla rondgevroetel en toe vir ʼn paar jaar gery voor die koop-en-verkoop-gogga gebyt het.
[/vc_column_text][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10424″ img_size=”full”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_single_image image=”10213″ img_size=”full” alignment=”center”][vc_column_text css=”.vc_custom_1658398916697{margin-top: -30px !important;}”]
Corbèr en Nadia Viljoen
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]
Corbèr het in standerd sewe by Berea-duikkloppers begin werk oor naweke en dit is hier waar hy behoorlik aan sy ambagskuns begin skaaf het. Teen sy matriekjaar was daar al tien ou buksies deur sy hande, maar ʼn kwaai ma het gesê haar kind word nie ʼn mechanic nie, so toe word hy maar ʼn vlieënier.
Corbèr en Nadia het op universiteit ontmoet en haar ma was duidelik net só kwaai soos Corbèr s’n, want ʼn graad moes sy hê. Die gogga het vir Nadia ook gebyt en sy het die foto’s geneem en advertensies opgemaak. Sy het deur die restaurantbedryf by Café 41 in Groenkloof haar werkservaring begin opbou. Die eiendomsbedryf het gevolg en toe ʼn korporatiewe maatskappy, terwyl Corbèr ʼn finansiële adviseur by Liberty was. Toe vra ʼn pel eendag: “Nou toe, wat swaai jy?”
In 2015 is die onderneming geregistreer en ʼn Facebook-blad begin en dit is toe dat dié dinamiese paartjie behoorlik met hul talente begin woeker het. Teen 2017 was ruimte ʼn probleem en die voertuie is uit ʼn kelderparkeerterrein in Garsfontein na ʼn winkel naby Menlyn verskuif.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10412″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10410″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]
Corbèr is beginselvas wanneer dit kom by sake doen en sodoende het hy en Nadia nou al ʼn puik naam opgebou. Getroue kliënte nader hulle om voertuie te soek, reg te maak, oor te doen, te stoor … die hele katoetie. Ná jare lange harde werk en vele suksesse was die ruimte weer té min en die huur te hoog.
Ná ʼn skrikwekkende belegging van R15 miljoen is die 2,6 ha-eiendom in Lynnwood aangeskaf. ʼn Skuur is gebou, ʼn vloer gegooi, ʼn enorme hoeveelheid plaveisel en ʼn lekseltjie verf later – en siedaar! Só begin Wat Swaai Jy sy oorgangstydperk tot ʼn gevestigde, getroue handelsmerk – Vintage Cars SA. Die droom is dat die nuwe eiendom ʼn plek sal word waar motorliefhebbers bymekaarkom om Formule 1 te geniet, ʼn teetuin vir die dames en ʼn troetelplaas vir die kleintjies.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10422″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10423″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]Die plaveisel wat onlangs gegooi is, is amper droog, so mens moet maar die kanthek gebruik. Ek ry versigtig in en sien die spogskuur met al die juwele in. Ek ry om en parkeer en Nadia en Corbèr kom groet met die hand.[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10417″ img_size=”full”][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_column_text]
Die werkswinkel en poleerwinkel is aan die een kant … daar word getimmer en gepoleer dat dit bars. Dit was alles ou perdestalle. Ons stap om, maar dis vinnig duidelik – alles moet net só wees, en dís hoekom Nadia en Corbèr so suksesvol is – dis die fyn detail wat saak maak as dit by sulke motors kom.
Dis koel buite, en ek is bevrees dat hulle die gras nét te laat gegooi het om mooi te vat – dit sal moet wag vir die lente om te sien wat daar te redde is. Darem het die ponie wat op die perseel agtergelaat is nou ʼn maatjie … én Corbèr kon dit nie oor sy hart kry om die twee honde DBV toe te neem nie, so dié is ook nou deel van die gesin!
Oor die afgelope 10 jaar het die egpaar al nagenoeg 1 200 motors verkoop. ʼn 1928- Ford Pickup is die oudste motor wat nog verkoop is, terwyl die duurste een sy nuwe eienaar oor die R5 miljoen uit die sak gejaag het.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10421″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10420″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]
Baie van die karre in die vertoonskuur het ʼn storie. Een wat ek nie sien nie, is Nadia se eie Mini Cooper S wat sy self gebou het. Ek’t hom verlede jaar by die Simola-heuwelren gesien. Nadia het as Classic Car Girl SA die Mini teen die bult opgejaag. Ek vra, hoekom die Mini? “Omdat ek elke dag met karre te werk kry, en nooit geweet het presies wat is wat en wat gaan waar nie, toe besluit ek dat ek ʼn kar self gaan bou – dan weet ek presies hoekom sekere goed duur is, en presies hoe lyk elke onderdeel.” My mond hang oop.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10419″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10417″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]
Ek weet hier moet iewers ʼn kar wees wat Corbèr se hartsnare roer. Ek vra: “As ek vir ʼn 12-jarige Corbèr moes vra: Kies een kar …?” Corbèr antwoord in ʼn oogwink: “1969- Plymouth Roadrunner”, en ek sien hoe hy oor my skouer wys. Ek kyk. Daar staan hy – presies hoe Corbèr hom wou hê. ʼn Reuse-V8 en ʼn handratkas … dis bitter mooi.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_single_image image=”10411″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]
Dit roer my hartsnare dat so ʼn plek bestaan. Daar is nog mense soos ek. Motorliefhebbers. Mense wat glo dat sekere ou karre ʼn siel het wat bewaar moet word sodat ons kinders dit eendag kan sien. Corbèr en Nadia, dankie vir wat julle vir ons motormense doen.
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10419″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10415″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row content_placement=”middle”][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10414″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”10413″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_single_image image=”10407″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_single_image image=”10408″ img_size=”full” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row]